Draaibank

'n Hwacheon-draaibank vir metaal, maar ander materiale kan ook hierop gedraai word

'n Draaibank is 'n masjien wat 'n werkstuk om 'n as roteer vir die doel om verskeie bedrywighede soos sny, skuur, karteling, boor of algemene vervorming op die werkstuk toe te pas, om so 'n voorwerp te vervaardig wat simmetries om die sentrale draai as is. Anders as meeste ander masjineringsprosesse word die gereedskap nie aangedryf nie maar eerder die werkstuk. Draaiwerk is die aksie of vaardigheid vir die gebruik van 'n draaibank.

Draaibanke word vir die masjinering van metaal, plastiek, glas en hout gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search